Hy kies haar.

“Maak dit seer?” ,onsekerheid diep in die frons op sy voorkop.

“Maak wat seer?”

“Die wete dat hy nie dieselfde oor jou voel nie” ,pyn neem die glinster in haar oë oor.

“Wil jy weet hoe voel onbeantwoorde liefde?” ,haar stemtoon ysig, emosieloos.

Hy kyk haar met ‘n onpeilbare uitdrukking aan, en sy wag nie vir sy antwoord nie.

“Dis soos om na sy ysige oë in die sonlig te staar, om toe te kyk hoe hulle smelt in oseane, oseane wat jy weet jy nooit van naby af sal kan verken nie. Dis die gevoel van sy vel teen joune, die elektriese polse wat deur jou are skiet. Terwyl hy niks voel nie. Dis iets wat woorde nie kan beskryf nie. Terwyl hy nie eers twee keer in jou rigting kyk nie. Dis jy wat val, en hy wat jou los om in skerwe te spat.”

“En die ergste deel is” ,haar stem heus, gevul met emosie.

“Maak nie saak hoe graag jy hom wou hê nie, hoe hard jy probeer het. Hoeveel jy gegee het van jouself, tot daar niks meer oor was om te gee nie.”

“Hy het haar gekies, hy het haar gekies, hy het haar gekies.”

“Hy kies haar.”

Advertisements

Groepsdruk-bliksem.

deursigtige wese, gebroke wese

hartverskeurende newe effekte

jy breek jouself om soos hulle te wees, jy vernietig die idee van jy-wees om hulle guns te wen

jy sit ‘n masker op en neem deel aan die robot effek

nou wonder jy seker wat is die robot effek

dit is daar waar jy soos ‘n gemaskerde, geforseerde sonder identiteit rond marsjeer in die hoop om iemand te beïndruk

jy word gesigloos en jou persoonlikheid word identies aan die groep, jy as individu funksioneer nie meer as jy en jy alleen nie

jy is ‘n marionette pop wat aan ‘n stringetjie hang en stik aan groepsdruk.