Groepsdruk-bliksem.

deursigtige wese, gebroke wese

hartverskeurende newe effekte

jy breek jouself om soos hulle te wees, jy vernietig die idee van jy-wees om hulle guns te wen

jy sit ‘n masker op en neem deel aan die robot effek

nou wonder jy seker wat is die robot effek

dit is daar waar jy soos ‘n gemaskerde, geforseerde sonder identiteit rond marsjeer in die hoop om iemand te beïndruk

jy word gesigloos en jou persoonlikheid word identies aan die groep, jy as individu funksioneer nie meer as jy en jy alleen nie

jy is ‘n marionette pop wat aan ‘n stringetjie hang en stik aan groepsdruk.

Leave a comment